Hartenbos en Stilbaai; maak gereed vir ‘n groot vakansiefees hierdie Desember, want die Afrikaans is Groot-span is terug met ‘n skitterende aanbod van musiek en vermaak vir die hele gesin. Na ‘n onvergeetlike GrootFees in Hartenbos einde 2022, is ons verheug om dié fees hierdie jaar nie net in Hartenbos nie, maar ook in die pragtige Stilbaai aan te bied.
Die GrootFees is ‘n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers ‘n onvergeetlike familie-dag te beleef. Dit beloof ‘n ongekende konsertervaring te wees, met groot kunstenaars op die verhoog en ‘n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.
In 2019 het die fees vir die eerste keer sy buiging in Mosselbaai gemaak as die Somerfees, maar na ‘n paar uitdagings, is die fees in 2022 herdoop as die GrootFees en na die ATKV Amfiteater verskuif.
Hierdie nuwe ligging het vir ‘n onvergeetlike en gemaklike ervaring vir al die konsertgangers gesorg, en daarom sal die Afrikaans is Groot-span hierdie jaar nie weer ‘n fees in Mosselbaai aanbied nie, maar terugkeer na Hartenbos. En Stilbaai is ‘n wonderlike toevoeging.
Afrikaans is Groot – Buitelug
22 Desember – Hartenbos
23 Desember – Stilbaai.
Hierdie konserte sal ‘n indrukwekkende groep van kunstenaars op die verhoog hê, wat Demi Lee Moore, Riaan Benade, Riana Nel, Brendan Peyper, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, en Die Kontrak Seisoen 3 wenner insluit