Content posted by NG Kerk Moedergemeente

Business listing
01/02/2016 - 12:26

Eredienstye is soos volg:

Oggend eredienste om 09:00

Informele kerkbyeenkoms elke Sondagaand in die Langgebou om 19:00

Geloftediens: 16 Desember om 09:00

Kersdag: 08:00 en 10:00

Oujaarsdagdiens: 23:15

Volledige inligting oor eredienste en tye vir die jaar is op die kerkalmanak (by kerkkantoor besikbaar)

Nagmaal: Nagmaal is ‘n sigbare manier waarop ons die goedheid van ons Vader vier.

Musiekdirekteur: Elsabe Barkhuizen 044 874 2036 [k ]; 073 857 2952

Estetiese versorging van eredienste: Sluit in rangskikkings, onderskeie kanselklede en veral viering van die kerklike jaar en andere. Kontakpersoon: Babsie Koen [ 044 874 2859].Gemeentelede kan ook hierby betrokke raak.

Erediensbediening: Kontak:

Dr Freddie van der Merwe 044 8708626 of 079 516 4459
Epos: freddiemerwede@gmail.com
MUSIEKBEDIENING: In ons gemeente word daar in elke erediens gepoog om deur middel van ’n wye verskeidenheid verskillende musiekstyle ’n ruimte te skep waar enige iemand kan tuis voel. Al die middele tot ons beskikking (ons unieke 1879 meganiese Hill-pyporrel, klavier en ander instrumente) word gebruik om ’n atmosfeer te skep, waar Woord- en musiekbediening op só wyse geïntegreer is, dat dit vir elkeen wat die erediens bywoon, ’n sielsverrykende ervaring sal wees. Die liturgie vir elke erediens word dus met groot sorg vooraf beplan deur die Musiekdirekteur en betrokke Bedienaar van die Woord, sodat seker gemaak word dat alle aspekte van belang (die boodskap van die dag, die kerklike jaar, spesiale biddae en so meer) aangespreek word.

Direk vóór elke erediens word ’n gepasde atmosfeer geskep, deur meestal voorbereidende gemeentesang en soms alleenlik instrumentale musiek, af te wissel. Vrywillige sangers en instrumentaliste oefen gereeld saam om te verseker dat die aanbieding hiervan, wat afwisselend in tradisionele of ligter styl is, smaakvol en van goeie kwaliteit is.

Ons klank, multimedia-aanbieding en kameras word ook deur bekwame vrywilligers behartig, sodat elke erediens vir almal ’n aangename ervaring kan wees en ons inwoners van Tuiniqua Aftree-oord ook kan inskakel.

Vir verdere navrae kan die musiekdirekteur, Elsabe Barkhuizen, by die kerkkantoor gekontak word by 044 874 2036, of per e-pos : musiek@caw.org.za

Event
05/02/2016 - 16:22

Kom kuier saam met Manuel Escorsio en Belia Lourens in hul konsert”Sy en Satyn” by Moedergemeentekerksaal. Woensdag 10 Feb om 19:00.
Kaartjies: R75 vir volwassenes, R50 vir pensioenarisse en kinders.

Kontak Kerkkantoor 044 874 2036

NG MOEDERGEMEENTE Kerk

Event
29/01/2016 - 14:32

08:30 - Alternatiewe diens (met band) asook Kinder (Gr 1-7 - Jeuglokaal) -en Kleuterkerk (3-6jr Gebedskapel)
10:00 - Erediens 10:00 (orrel)
16:45 - Belydenisklas van 2016 -kom bymekaar in Gebedskapel.
18:00 - Kruisdiens met #‎ignite‬ tienerbediening (Gr 8-11)

Vir meer iligting oor ons gemeente, besoek gesrus ons webblad: http://george-bergsig.co.za/.

Event
23/10/2014 - 09:13

Moedergemeente George Basaar 25 Okt om 09:00 in kerksaal.
Volop om te eet en te koop, kerrie-en-rys, springkasteel en baie speletjies vir kinders.

Kom geniet dit saam met ons!

KKMG – Kontrei Kermis Moeder Gemeente George 2012
KKMG – Kontrei Kermis Moeder Gemeente George 2012
KKMG – Kontrei Kermis Moeder Gemeente George 2012
Special
23/04/2014 - 07:18

Kom koop elke Woensdag tussen 1 en 2 n heerlike Worsbroodjie by die kerkkantoor @ slegs R12.

Kontak asb die kerkkantoor.
Bestellings is welkom

Telephone:
044 874 2036

NG MOEDERGEMEENTE Kerk

Event
26/02/2014 - 16:40

Elke vrou in die wêreld word opgeroep tot gebed

7 Maart 13:00 Moederkerk George

Event
16/10/2013 - 07:48

Ons wil net weer vir almal herinner aan ons “Kontrei Kermis in Pienkgetooi” wat DV vroeg- vroeg Vrydagoggend 18 Oktober afskop in die saal:
* Vanaf 06:00 tot 07:00:heerlike koppie koffie/beskuit

* 07:00 – 09:00: Ontbyt saam met die SABC/Morning Live.Daar is nog slegs ‘n paar kaartjies oor vir die ontbyt @R50. Die Suid-Kaap Kinderkoor, Die Kambroo Diggers en Michael Lindt sal ook optree.

* Springkastele[gratis!] en spookasem vir ons kleiner kinders sal al van vroeg af gereed wees.

* 11:00: Teetuin open

* 12:00: Kom smul solank aan heerlike pannekoek en tee/koffie

* 16:00:Opening van Kermis en loslaat van balonne

* Vanaf 18:00: Smullekker Weskussnoek @ R30 en sappige “Steak” @ R70. Kaartjies vir die etes is by die kerkkantoor beskikbaar.

* 18:30: Kom geniet die musiek van Michael Lindt asook Jovan en Thelma in die saal

* Ondersteun asb ons gemeente en kom koop vars groente, vleis, heerlike “Basaar poeding” en dalk wag daar nog ‘n verasssing vir jou by die Winskopietafel!

Sien jou daar!

Vir enige navrae, kontak asb die kerkkantoor.

Drew de Kock
Gemeentebestuurder
Moedergemeente George

Tel. no: 044 874 2036
Selfoon: 082 852 8632
Faks: 044: 874 2037
e-Pos: ngmoeder@mweb.co.za
Webadres: http://www.caw.org.za/

Event
10/05/2013 - 09:39

Moedergemeente is 200 jaar oud en vier die naweek fees soos nog nooit tevore - kom kuier saam van Vrydagaaand 10 Mei om 18:00 tot Saterdag 14:00. Potjiekos, allerhande handewerkstalletjies en vermaak.

Dié gemeente en sy kleurryke gebou se storie kom van ver. Vir 12 jaar lank is daar aan hierdie pragtige toeristebaken gebou, voordat dit in 1842 ingewy is.

Maar op 13 September 1905 het die kerk se toring ná swaar reën inmekaargestort. Danksy harde werk (en sowat R775 000 later), is ’n nuwe toring in 1906 in gebruik geneem. Die horlosie in die toring hou tot vandag toe sekuur tyd. ’n Tydkapsule met interessante artikels is destyds in die nuwe toring begrawe – maar tot vandag toe weet niemand presies waar dit lê nie. Honderd jaar later, in 2006, het die gemeente ’n tweede tydkapsule in die toring begrawe.

Event
20/03/2013 - 19:08

Donderdag 28 Maart en Goeie Vrydag 29 Maart om 18:00 bied Moedergemeente die "Passiespel" in samewerking met die Vleiegemeente aan, by Moedergemeente se kerkterrein en kerkgebou.

Toegang is gratis, maar kaartjies moet by die kerkkantoor in Kerkstraat afgehaal word om 'n plek te verseker.
Donasies welkom om onkostes te dek.

Navrae: 044 874 2036