Content posted by KFC PUNT KRIEKETFEES

Event
21/09/2012 - 12:03

Die KFC Punt Krieketfees en Johan Stander Makelaars bied op Saterdag 29 September 'n buffet ontbyt aan saam met Fanie de Villiers by Admiral's . Bespreek u kaartjie by Hoërskool Punt of puntkrieketfees@gmail.com vroegtydog om teleurstelling te voorkom.

21/09/2012 - 13:10

Die KFC Punt Krieketfees en Johan Stander Makelaars bied op Saterdag 29 September 'n buffet ontbyt aan saam met Fanie de Villiers by Admiral's . Bespreek u kaartjie by Hoërskool Punt of puntkrieketfees@gmail.com vroegtydog om teleurstelling te voorkom.

Event
27/10/2011 - 08:22

Hoërskool Punt bied vanaf 28 September – 2 Oktober 2012 vir die 14de keer die baie gewilde Punt Krieketfees vir O/19 spanne aan. Skole van die Westelike Provinsie, Boland, SWD, Oostelike Provinsie, Gauteng en moontlik nog provinsies neem aan hierdie fees deel.

Die doel van die Punt Krieketfees is om spanne uit verskillende streke met mekaar in aanraking te bring om sodoende krieket op ‘n vriendskaplike wyse as sportsoort te bevorder asook om krieketbande te smee. Die agtien skole wat in 2011 deelgeneem het is: Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudtshoorn, Langehoven Gimnasium, Hoër Landbouskool Oakdale (SWD), Worcester Gimnasium, Hugenote Hoërskool, Hoërskool Charlie Hofmeyr, Boland Lanbouskool, Paarl Gimnasium (Boland), Hoërskool Bellville, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Brackenfell, Hoërskool Durbanville (Westelike Provinsie), Hoërskool Brandwag, Winterberg Uitnodigingsspan (Oostelike Provinsie) en Hoërskool Benoni (Gauteng). In 2012 gaan die Krieketfees uitgebrei word na 20 of 22 spanne afhangende van die beskikbaarheid van velde.

Die toernooi open met ‘n amptelike geleentheid op Vrydag, 28 September, in die skoolsaal van Hoërskool Punt. Wedstryde sal gespeel word op Mosselbaai, Grootbrak, George, Oudtshoorn en Riversdal op 29 September, 1 en 2 Oktober.

Voor die aanvang van die toernooi verskyn ‘n spesiale uitgawe van Die Burger in die Suid-Kaap waarvan 3000 eksemplare in Mosselbaai, George, Oudtshoorn en Riversdal versprei sal word. Advertensiespasie in hierdie koerant kan gekoop word teen R850 per 15cm hoog x 10.5cm wyd blok. Advertensies kan ook teen R250 geplaas word in die Feesbrosjure wat aan alle spelers en afrigters gegee word.

U maatskappy kan ook betrokke raak op enige van die volgende maniere:
 Die plasing van advertensiemateriaal rondom die hoofveld tydens die toernooi.
 Borg van Feesbrosjure.
 Borg van die Openingsfunksie of Afrigtersfunksie.
 Borg van Feesklere vir Studenteleiers.
 Borg van Studenteleiers uitgawes (petrol, verblyf en etes).
 Borg van pryse vir die Kolwer en Bouler van die Krieketfees.
 Borg van hemde vir afrigters / spanbestuurders.
 Borg van hemde vir organiseerders.
 Borg van hemde vir spelers.
 Borg / verskaf van etes aan spelers en afrigters by die velde.
 Borg / verskaf van ontbyt en / of aandetes aan spelers en afrigters.
 Borg van hemde vir afrigters van Hoërskool Punt.

Maatskappye is welkom om spesiale pakkette saam te stel vir die spelers op die Sondag waar daar geen krieket gespeel word nie.

Kontak gerus vir Jannie Nel (083 265 0798) indien u op hierdie manier of op enige ander manier Die Burger Punt Krieketfees wil ondersteun.

Ons hoop dat u positief sal reageer op ons versoek en wil u by voorbaat bedank vir u steun aan
skolekrieket in die SWD.