Content posted by HS Outeniqua

Business listing
11/11/2010 - 16:00

Die Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1700 leerders. Ons wil elke leerder as totale mens laat ontwikkel en die nodige kennis en praktiese ondervinding gee om die beroepslewe met vertroue aan te pak. Ons wil ook hê dat elkeen die lewe in oorvloed moet geniet. Kwaggas bied 'n kwaliteit opvoeding vir 'n kwaliteit lewe

HS Outeniqua
HS Outeniqua
HS Outeniqua
HS Outeniqua
Event
09/10/2015 - 14:06

Kom piekniek in die Laan - Aangebied deur Hoerskool Outeniqua.
Vrydag, 30 Oktober 2015
18:00 vir 18:30
Informeel
R50 (Slegs volwassenes)

bemarking@outeniqua.co.za / 083 632 6657

Event
09/09/2015 - 15:03

Gretha Wiid bied Dinsdag 29 September 'n seminaar in die Kwagga Cuisine by Hoërskool Outeniqua in George aan. Die tema is: 'Intimiteit in die huwelik - een in liggaam, siel en gees' en gaste sal ook haar boeke, CD's en DVD's kan koop.

Vrywillige bydraes of skenkings van enige nie-bederfbare voedselprodukte ten bate van die skool se 'welynskoskas' vir behoeftige ouer gesinne, sal ook hier verwelkom word.

Gretha Wiid, 'n Pretorianer, spesialiseer in seksualiteitsopvoeding en opvoedkundige sielkunde en haar raad en opinie word ge-reeld raakgelees in tydskrifte, of gehoor op TV en verskillende radiostasies landwyd. Sy is ook die aanbieder van die grootste vroue-konferensie in Suider-Afrika.

Kaartjies is beskikbaar by Erika Gouws by Hoërskool Outeniqua teen R150 per persoon en sluit 'n aandete in. Vir inligting, kontak Riëtte Reinecke by 083 961 4796.

Die organiseerders wil graag die Just Property Group, Golden Harvest en Town Lodge bedank vir hulle borgskappe, ten einde die geleentheid moontlik te maak.

'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'

Group Post
12/04/2012 - 12:44

Hallo almal!!

Net 'n vinnige nuusflits. Ons speel die naweek teen Paarl Boys en Girls. Julle word hartlik uitgenooi om die dag saam met Kwagga in Kwaggaland te kom geniet.

Vind hierby die netbalprogram:/za_members/12768/ftp/OHS Netbalprogram vs HMS.pdf

Asook die rugbyprogram: /za_members/12768/ftp/RUGBYPROGRAM VS HJS 2012.pdf

Ons sien uit daarna om julle in Kwaggaland te ontvang!!

Groete

Event
09/09/2010 - 15:45

Kom deel saam met die Kwaggas op Saterdag, 25 Sept in die pret by TIMBERLAKE se SPRING FAIR !!!

Vanjaar bied Kwaggas die "Car Boot Sale" aan. So bring al jou witolifante en kom verkoop dit.

Die koste beloop R30 per kar en die opbrengs van....

verkope is jou eie! Donasies aan die skool is welkom, maar nie verpligtend nie.

Kaartjies kan vooraf by die skoolkantoor gekoop word. Daar sal ook kaartjies by die hek beskikbaar wees.

Kontak gerus Johan Botha vir meer inligting by (044) 874 4156 / 083 634 0329 en vir meer inligting oor die Spring Fair besoek gerus www.timberlakeorganic.co.za

SIEN JOU DAAR !!!!

Event
07/07/2010 - 07:34

Van Rensburgs Foods Kwagga Wynveiling
Op 13 Augustus is ons jaarlikse wynveiling.
Hierdie is een van die hoogtepunte op ons
jaarlikse skoolkalender. Van die beste
wyne uit gesogte wynkelders is vanjaar op
die spyskaart...

Tafels van kelders soos Die
Krans, Boplaas, Calitzdorp Wynkelder,
Simonsig, La Motte, Beyerskloof, Dombaye,
Eaglevlei, Van Loveren, Robertson Kelders,
Rooiberg, Boland Kelders, Waterkloof,
Barrydale en nog meer word verkoop. Ons
reël juis die veiling vir die aand voor
Struisiedag sodat ons Kwaggas lekker kan
saamkuier. Bespreek vroegtydig u plek.
Meer besonderhede by Johan Botha,
Bemarker, selnommer 083 634 0329.