Naweek aktiwiteite en potjies by R50 Pot Restaurant!

Special Date: 
Sat, 11/11/2017 (All day) - Sun, 12/11/2017 (All day)

Hallo almal - soos gewoonlik wil ons die potjies van die naweek met julle deel asook aktiwiteite hier by R50 pot op Groot Brak -

Ons het weer ponie-ritte die naweek vir die kinders teen slegs R10 per kind

Ons het ook Sondag vir Tobie Alberts hier wat sing tussen 12.00 en 16.00..... hy sing afrikaanse treffers, gospel en country so kom luister gerus .............

Nou die kos:
Saterdag doen ons n Kerrie hoenderpot met rys of samp en roosterkoek vir R100 alternatief is n Bees potjie met rys of samp en roosterkoek vir R50..........

Sondag het ons skaap afvalpot met rys of samp + roosterkoek vir R100 (Ouma se resep), Biltong potjie met noodles en roosterkoek vir R100 en n Soet en Suur varkpotjie met noodles of rys vir R50 en al die potjies word bedien met groente koekies en slaai.

Ons doen Saterdag middag n jaar eind funksie ook .........elkeen maak sy eie lekker potjie - sal fotos pos. Hou ons Facebook blad dop.

Ons hou ook n reeks nuwe wyne aan ....... stunning bottels en herwinbaar ook

Onthou asb ons is 7 dae per week oop so besoek ons gerus in die week ook - ons het die parkering ook uitgebrei so daar sal genoeg parkering wees. Nuwe afdakke ook gedoen so almal welkom........

Vriendelike plaas groete
Chris en Susan
0828509005

Flyer
R50 Pot
Gedeelte 57 plaas dwarsweg 260
Groot Brakrivier, 6535
South Africa