Lyk van 'n jong vrou, Belinda Paulsen (25) gevind

in

Die lyk van 'n jong vrou, Belinda Paulsen (25) van Versveldstraat in Borcherds, is gister-oggend omstreeks 00:10 in 'n huthuis - slegs 'n paar huise vanaf haar ouerhuis - gevind.

Die oorledene se onderlyf was na wat verneem word naak toe 'n vriend op haar liggaam afkom.

Volgens polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap, kaptein Bernadine Steyn, word daar vermoed dat die oorledene met 'n stomp voorwerp in die gesig geslaan is.

"'n Outopsie sal môre gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel. Die moontlikheid van verkragting word ook ondersoek," het Steyn gesê.

Nog geen verdagtes is in verband met die voorval aangekeer nie en 'n saak van moord is geopen.
Enige persoon wat oor meer inligting beskik, word versoek om adjudant offisier Clive Davids van die Conville-polisie by 044 803 3302 te skakel.van Versveldstraat in Borcherds, is gister-oggend omstreeks 00:10 in 'n huthuis - slegs 'n paar huise vanaf haar ouerhuis - gevind.

Die oorledene se onderlyf was na wat verneem word naak toe 'n vriend op haar liggaam afkom.

Volgens polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap, kaptein Bernadine Steyn, word daar vermoed dat die oorledene met 'n stomp voorwerp in die gesig geslaan is.

"'n Outopsie sal môre gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel. Die moontlikheid van verkragting word ook ondersoek," het Steyn gesê.

Nog geen verdagtes is in verband met die voorval aangekeer nie en 'n saak van moord is geopen.
Enige persoon wat oor meer inligting beskik, word versoek om adjudant offisier Clive Davids van die Conville-polisie by 044 803 3302 te skakel.

Versveldstraat Borcherds
George
South Africa