Valiant Swart by Oyster World 8 April.

Event Date: 
Sun, 08/04/2018 - 20:00 - 23:00

Maak seker dat jy nie hierdie SA musiekskat misloop wanneer hy op Sondag, 8 April besoek kom afle by Oyster World in Groot Brakrivier nie. Valiant Swart is al sedert 1990 ‘n instelling op die SA musiektoneel.

Sy eiesoortige, sielvolle blues, folk en country-rock, versny met inheemse kwela en boeremusiek, en sy bekroonde stories en lirieke, het deur die jare aan hom ‘n groot, lojale gevolg besorg. Sy treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ het volksbesit geword, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars het van sy liedjies opgeneem. Hy het letterlik duisende optredes dwarsoor Suid-Afrika en in die buiteland op sy kerfstok – van kroee en rock-feeste, tot teaters en reuse-galavertonings by Sun City, kunstefeeste en dies meer.

Valiant se solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertel-styl van ‘n ware raconteur.

Skakel gerus 082 412 9754 of besoek www.oysterworld.co.za vir besprekings en navrae.

View Oyster World's Web page HERE

Flyers: 
Flyer
Oyster World
213 Stasie Road, Next to the Highway, Great Brak River,
Groot Brak, WC
South Africa