NGK George-Bergsig bied ‘n spesiale videokursus aan.

in
Event Date: 
Fri, 18/08/2017 - 09:30

NGK George-Bergsig bied ‘n spesiale videokursus van prof Jaap Durand aan vir die ouer inwoners van George. Wil jy jou sinvol voorberei vir die volgende fase in jou lewe?

Ontdek dat God se beloftes vir jou nuwe deure kan open tot ‘n betekenisvolle en avontuurlike oudag. Want jy het oneindig baie om te bied vir jouself, jou kinders en kleinkinders en die gemeenskap…

“Retired” beteken nie “expired” nie. Lees gerus meer oor hierdie kursus: https:// amperdag. wordpress.com. Na aanleiding van sy boek “Dit Is Amper Dag” praat Jaap Durand reguit en opreg oor ouer mense se stryd en vreugdes

Gee asseblief name in by die kerkkantoor 044 8711338. Indien genoeg belangstelling, kan die kursus selfs ook by ‘n aftree-oord aangebied word.

Vir navrae kontak ds Hannes Pretorius 044 873 5413.

Dit handeloor die twyfel en geloofskwessies van mense in die laaste fase van hulle lewe. Na aanleiding van sy boek “Dit Is Amper Dag” praat hy reguit en opreg oor ouer mense se stryd en vreugdes.

Click to view NG Kerk George-Bergsig's Webpage

NG Kerk George-Bergsig George
NG Kerk George-Bergsig
Hoek van 4de en Meyer str
George, WC
South Africa