Bush Lapa Musiekfees – 10 Jaar Feesviering

in
Event Date: 
Wed, 20/12/2017 (All day) - Sun, 31/12/2017 (All day)

Dis Die Bush Lapa Musiekfees se 10de verjaarsdag en hierdie jaar gaan ons GROOT partytjie hou! Met meer as 30 van SA se top Muzos oor ’n tydperk van 12 dae GAAN ons jou entertain!
20 Des: ADAM
21 Des: BOK van BLERK & Band
22 Des: CHRIS CAMELEON
23 Des: RAY DYLAN, JAKKIE LOUW, ARNO JORDAAN
26 Des: ARNO CARSTENS
27 Des: ADAM TAS & Band
28 Des: FRANCOIS van COKE & Band
29 Des: THEUNS JORDAAN
30 Des: ETIENNE STEYN & Band
31 Des: NEW YEARS EVE PARTY & Countdown met PRIME CIRCLE!!
Deure maak 18:00 oop en etes sal dan ook reeds beskikbaar wees. Die voorvertonings begin om 19:30 met die hoofvertonings wat ongeveer 21:00 afskop (party 22:00). Deure sluit om 02:00.
Kaartjies is beskikbaar:
https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1475687850
Of by Herolds Bay Resort se ontvangs self tydens kantoorure
Of by ons kaartjiestalletjie by die Eden Meander Mall (vanaf 11 Des)
Of by enoge Pick n Pay wat n Money Counter het
Die Bush Lapa Musiekfees, vandag een van dié musiekbyeenkomste op die Suid-Kaap se kalender, het 10 jaar gelede ontstaan as 'n uitvloeisel van 'n braaiplek vir pelle, tesame met 'n man met 'n passie vir musiek.
Op die grond waar die Herolds Bay Resort met sy Bush Lapa-venue ontwikkel is, was vroeër net 'n plaashuis waar die grondeienaar en sy vriende gereeld gesellig rondom die braaivleisvuur gekuier het. Hy't later selfs 'n boskroegie 'n ent van die huis af vir dié kuiers ingerig, en dis waar die idee vir 'n venue gebore is. Hy het daad by die woord gevoeg, sy kroeg in 'n 100-sitplek lapa omskep en dit “Bush Lapa” gedoop. Hier het musiekliefhebber en promotor KD Fourie 'n geskikte plek gevind toe hy op soek was na 'n venue vir sy eerste reeks musiekaande. Dit was in 2008 - die jaar van die eerste Bush Lapa Musiekfees. Dit was 'n dawerende sukses en reeds in die tweede jaar is die Lapa uitgebrei na 'n 250-sitplek venue. Toenemende belangstelling in die fees het gelei tot verdere uitbreiding en vandag kan die Bush Lapa meer as 450 mense akkommodeer.
“Die Bush Lapa en sy Musiekfees word beskou as die tuiste van musiek in die Suid-Kaap en is iets waarop George trots kan wees!" sê KD.

Click to view Herold's Bay Eco Resort's web page Resort

Flyers: 
Flyer
The Bush Lapa at Herolds bay Resort George
South Africa