Mosselbaai Kers-kunsmark

16de Mosselbaai Kers-kunsmark vind plaas 16-18 Desember 2020 in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai. Die mark is elke dag oop van 08:00-18:00. Hierdie gewilde mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke Handgemaakte geskenke en produkte o.a. hout-, naald-, krale- en leerwerk, koekies en beskuit, kuns, juwele, vetplante, draad- en herwinningsprodukte, snuistrye en vele meer teen bekostigbare pryse en nie in winkels te koop nie. Kom ondersteun die DBV en bring honde- en katkos saam. Heerlike eet- en drinkgoed asook middagetes is heeldag beskikbaar. Hierdie is 'n heerlike Plattelandse Vakansie-ervaring by die See!! Bring die familie en vriende en geniet dit saam ; terwyl u Kers-inkopies doen. Vir Stalletjie-besprekings of inligting : kontak Cecile by 082 2243 865
Telephone: 
0822243865
Mosselbaai-suid NG Kerksaal
h/v 15e en 17de Laan Linkside
Mosselbaai, 6500
South Africa