BLOMMEFEES met tema: GOD SE LIEFDE

Mosselbaai-suid NG Gemeente bied 'n BLOMMEFEES met die tema: God se Liefde aan van 30 Maart-2 April in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal h/v 15de en 17de Laan. Die fees is elke dag oop van 10:00-18:00. Toegang is gratis;donasies welkom. Op Donderdag 19 Maart om 19:00 word die fees geopen met 'n Woord en Lied Bediening in die Kerkgebou waarna almal na die saal kan gaan om die uitstalling te besigtig. Hierdie aanbieding is die handewerk van die gemeentelede. Verskeie temas word aangeraak. Almal word hartlik uitgenooi na hierdie wonderlike geleentheid. Bring u vriende en familie en kom beleef 'n diepe ervaring van God se liefde uitgebeeld met Blomme. Kom kuier ook lekker by die Teetuin; terwyl u die rustigheid van God se Liefde beleef. Enige navrae: Kontak die Kerkkantoor by 044-6903552
Telephone: 
0822243865
Mosselbaai-suid NG Kerksaal
c/o 15th and 17th Avenue Linkside
Mossel bay, WC, 6500
South Africa
uploaded image
uploaded image
uploaded image
uploaded image
uploaded image
uploaded image
uploaded image