Mossel Bay - Fishing Spot

Skurwe Bankies Fishing Spot Mossel Bay

Skurwe Bankies(Regs van Hawe, Langs Viking Fishing) Haai, Geelstert en Elf kan daar gevang word

*Daar is 'n Pomphuis met "Rodholders" op die Tralies waarop 'n Hengelaar kan staan en hengel.
*Hou 'n spaar visstok byderhand met 'n Blink Lepel op, vir die Geelsterte wat elke nou en dan verbyswem.
*'n goeie lyn om daar te gebruik is Double X Hi Abrasion Hi Visibility .52mm of .55mm met
'n "wind on Leader" van minimum 1.33mm.
*Goeie tyd is om vis te vang is Skemer tot vroegoggend.
*Gebruik 'n Bonniekop of Makriel en "Slide" die aas uit.

Alle benodighede is verkrygbaar by

Tackle Shack - Mosselbay

Read more >>

"Die Punt" Fishing spot in Mosselbaai

* Die Spot is by "Die Punt" in Mosselbaai en is redelik veilig vir kinders ook.
* Kan Elf, Kabeljou, Mosselkraker, Geelstert, Galjoen, Leervis en Kolstert daar vang.
* Daar was al Bonito vanaf die punt gevang.
* Omdat daar baie Rotse is, is dit beter om met kunsaas te hengel.(Of gebruik 'n baie ligte Sinkerstrop.)
* Gebruik Blink Lepels en "Dropshot" kunsaas om Kabeljou, Geelstert, Leervis en Elf te vang.
* Gebruik Rapala's of Halco Laser Pro's om Bonito te vang.
* Gebruik Rooiaas of Rooi Krap vir Mosselkraker en Rooiaas of Mossels vir Kolstert en Galjoen.
* "Slide" met Lewendige Aas vir Kabeljou, Leervis en Elf.

Read more >>