George - Church

NG MOEDERGEMEENTE Kerk / Church

Eredienstye is soos volg:

Oggend eredienste om 09:00

Informele kerkbyeenkoms elke Sondagaand in die Langgebou om 19:00

Geloftediens: 16 Desember om 09:00

Kersdag: 08:00 en 10:00

Oujaarsdagdiens: 23:15

Volledige inligting oor eredienste en tye vir die jaar is op die kerkalmanak (by kerkkantoor besikbaar)

Nagmaal: Nagmaal is ‘n sigbare manier waarop ons die goedheid van ons Vader vier.

Musiekdirekteur: Elsabe Barkhuizen 044 874 2036 [k ]; 073 857 2952

Estetiese versorging van eredienste: Sluit in rangskikkings, onderskeie kanselklede en veral viering van die kerklike jaar en andere. Kontakpersoon: Babsie Koen [ 044 874 2859].Gemeentelede kan ook hierby betrokke raak.

Erediensbediening: Kontak:

Dr Freddie van der Merwe 044 8708626 of 079 516 4459
Epos: freddiemerwede@gmail.com
MUSIEKBEDIENING: In ons gemeente word daar in elke erediens gepoog om deur middel van ’n wye verskeidenheid verskillende musiekstyle ’n ruimte te skep waar enige iemand kan tuis voel. Al die middele tot ons beskikking (ons unieke 1879 meganiese Hill-pyporrel, klavier en ander instrumente) word gebruik om ’n atmosfeer te skep, waar Woord- en musiekbediening op só wyse geïntegreer is, dat dit vir elkeen wat die erediens bywoon, ’n sielsverrykende ervaring sal wees. Die liturgie vir elke erediens word dus met groot sorg vooraf beplan deur die Musiekdirekteur en betrokke Bedienaar van die Woord, sodat seker gemaak word dat alle aspekte van belang (die boodskap van die dag, die kerklike jaar, spesiale biddae en so meer) aangespreek word.

Direk vóór elke erediens word ’n gepasde atmosfeer geskep, deur meestal voorbereidende gemeentesang en soms alleenlik instrumentale musiek, af te wissel. Vrywillige sangers en instrumentaliste oefen gereeld saam om te verseker dat die aanbieding hiervan, wat afwisselend in tradisionele of ligter styl is, smaakvol en van goeie kwaliteit is.

Ons klank, multimedia-aanbieding en kameras word ook deur bekwame vrywilligers behartig, sodat elke erediens vir almal ’n aangename ervaring kan wees en ons inwoners van Tuiniqua Aftree-oord ook kan inskakel.

Vir verdere navrae kan die musiekdirekteur, Elsabe Barkhuizen, by die kerkkantoor gekontak word by 044 874 2036, of per e-pos : musiek@caw.org.za

NG george-Bergsig
Read more >>

Shofar Christen Gemeente George

Shofar is 'n familie kerk en almal is welkom!!

Ons Visie: Om nasies en generasies aan te raak deur die maak van dissipels, leierskapontwikkeling en kerke te plant.

Ons waardes:
Passie vir Jesus
Passie is ons liefde vir Jesus – die Vader se oorweldigende, vurige liefde vir en deur ons. hierdie liefde onderskryf wie ons is en wat ons doen.

Mense om te dien
Mense is ons kernbelang. diens aan hulle vloei natuurlik voort uit ons passie. leierskap gebeur wanneer ons ons daarop toespits om ander te dien en te laat gedy.

Krag van oortuiging
Krag is die inspirasie van die Heilige Gees. ’n diepgegronde oortuiging onderhou hierdie inspirasie en lei tot verandering, groei en die vermoë om te vermag.

Doel om na te streef
’n Lewensdoel is elkeen se erfdeel van God. dit is ’n uniek-gevormde, persoon-spesifieke progressie van opdragte. as jy dit vind en navolg, word jy beloon met die Allerhoogste bevestiging.

Dienstye: 09:00vm elke Sondag.

Read more >>

NG Kerk George-Bergsig

Dutch Reformed Church / Nederduits Gereformeerde Kerk

NG BERGSIG EREDIENSTYE IS SOOS VOLG:

Tydens skoolkwartale:
08:30 Alternatief, 10:00 Erediens
08:30 #kleuterkerk (3-6jr) & #kinderkerk (Gr 1-7)
16:45 #belydenisgroep
18:00 Kruisdiens & #ignite (tieners)

Langnaweke:
09:00 Erediens
18:00 Kruisdiens in Jeuglokaal *
* behalwe Paasfees 1 Apr – geen Kruisdiens

Vakansies:
09:00 Erediens

KERKKANTOOR:
Ma-Vry 08:00-13:00 | TEL: 044 871 1338
E-POS: admin@george-bergsig.co.za | FAKS: 044 871 4969
FACEBOOK: NG George-Bergsig | WEBBLAD: www.george-bergsig.co.za

LERAARS:
Ds Anton Louw: 044 871 1212, 083 286 3292;
Ds Hannes Pretorius: 044 873 5413, 084 456 0401,
Ds Charl du Plessis: 044 871 1379, 083 286 3291;
Ds Rudolph Grobler: 044 871 5611, 082 820 9899

Flyer
Read more >>

Family Harvest Church, Garden Route

Family Church

Dienstye: Sondagoggende 9h00 @ Voortrekkersaal, Caledonstr. oorkant Botaniese tuine